Ons Maatskappy is geleë in Vanderbijlpark en ons primêre doel is om boukontrakteurs te voorsien van die nodige boumateriale/ hardeware vir die bou en herstel van wonings en geboue. Ons spesialiseer in die vervaardiging van dakkappe en saam het ons 20 jaar ondervinding in die vervaardiging van voorafvervaardigde dakkappe.

Ons fokus ook op die publiek en ons nooi u uit om ons winkel te besoek vir goeie diens, advies en 'n groot verskeidenheid produkte on die alledaagse takies in en om die huis makliker te maak.

Moenie huiwer om ons te kontak vir GRATIS kwotasies nie.
Aflewering in die Vaaldriehoek is GRATIS.
Vir flink en vinnige diens kontak ons gerus.